Photo: Amandla Singqoto / Edition Events / LEGACY

Kruiper-Crawler
Shane van der Hoven

Desember / December 2025
108 pp
200mm x 130mm met flappe / with flaps
ISBN: 9781049208190


Kruiper-Crawler is ’n digbundel soos geen ander nie – kweer, radikaal, tweetalig, veelgesegmenteerd.

In hierdie debuut verken Shane van der Hoven beide die uitgestrekte Laeveld en die vervallende stad deur die metafoor van die Bybelse kruiper – die groteske, misverstane en onreg-verdig-belasterde wesens van die aarde en struikveld.

Besmet met ironie en literêre verwysings, mag Kruiper-Crawler se eksoskelet taai en stekelrig lyk. Maar, breek deur tot die sagte binneste en bevind jouself in ’n wêreld van selftwyfel en taalkundige onsekerheid, ’n diep liefde vir die onbekende, en, in die kern, ’n jong digter wat ontdek watter soort wese hulle moontlik is.

//

Kruiper-Crawler is a poetry collection unlike any other – queer, radical, dual-languaged, multi-segmented.

In this, their debut, Shane van der Hoven explores the sprawling Lowveld and the decaying city through the metaphor of the Biblical crawler – the grotesque, misunderstood and unfairly maligned creatures of the earth and scrubland.

Infested with irony and literary allusion, Kruiper-Crawler’s exoskeleton may seem tough and spiny. But break through to its soft interior, and you’ll find a world of self-doubt and linguistic uncertainty, a deep love of the unknown, and, at its core, an emerging poet, discovering what kind of creature they might be.


Shane van der Hoven is in Benoni gebore, was innie Laeveld grootgemaak, en woon tans in Kaapstad. Hul is ’n skrywer, dosent, vertaler en redakteur. Kruiper-Crawler is hul debuutversameling.

//

Shane van der Hoven was born in Benoni, raised in the Lowveld, and currently lives in Cape Town. They are a writer, lecturer, translator and editor. Kruiper-Crawler is their debut poetry collection.


Die publikasie van hierdie bundel is moontlik gemaak deur ’n ruim subsidie van die L. W. Hiemstra Trust.

The publication of this collection is made possible by a generous donation from the L. W. Hiemstra Trust.